Dibeng
Dibeng (ook bekend as Deben) is 'n nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit lê 26 km noordoos van Kathu op die oewers van die Gamagararivier.
Dibeng Deben | |
---|---|
Dibeng | |
Koördinate: 27°35′0″S 22°53′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | John Taolo Gaetsewe |
Plaaslike Munisipaliteit | Gamagara |
Stigting | 1907 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,08 km2 (3,51 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 848 |
• Digtheid | 860/km2 (2 200/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 8463 |
Skakelkodes | 053 |
Geskiedenis
Die dorp het in 1907 ontstaan toe trekboere van die suidelike Vrystaat hulle hier gevestig het. 'n NG gemeente het in 1909 gevolg en die eerste kerkgebou is in 1917 opgerig. Die eerste munisipaliteit het in 1951 beheer oor die dorp verkry. Die naam beteken "die plek van die put" en is afgelei van die Tswanawoord deben.
Distrik
Die ekonomie is grootliks op beesboerdery gegrond. Elke inwoner moet sy eie water voorsien; daarom is daar baie windpompe op die dorp.
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.