Franschhoek diastella
Die Franschhoek diastella (Diastella buekii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Franschhoek en Wemmershoekvalleie voor. Die struik is plat en word slegs 15 cm hoog en dra blomme van Augustus tot November.
Franschhoek diastella | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. buekii |
Binomiale naam | |
Diastella buekii (Gand.) Rourke | |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van bye. Die plant groei in klam sand op hoogtes van 200- 300 m.
In Engels staan dit as die Franschhoek Silkypuff bekend.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.