Diastella
Diastella is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae. Daar is sewe spesies wat tot die genus hoort. Die genus is endemies aan Suid-Afrika en vorm deel van die fynbos plantegroei. Al die spesies kom in die Wes-Kaap voor. In Engels staan die genus as die silkypuffs bekend.
Diastella | |
---|---|
Diastella divaricata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subtribus: | Leucadendrinae |
Genus: | Diastella Salisb., 1809 |
Spesies | |
Die genus is matvormig en groei selde hoër as 1 meter. Die genus blare is lynvormig tot ovaal, gewoonlik sonder tande.
Spesies
Die spesies wat behoort aan die genus word gelys met hulle bewaringstatus:[1][2]
- Diastella buekii (Gand.) Rourke – Franschhoek diastella – CR
- Diastella divaricata (P.J.Bergius) Rourke
- Diastella divaricata subsp. divaricata – Skiereiland diastella– Seldsaam
- Diastella divaricata subsp. montana Rourke – Berg diastella – VU
- Diastella fraterna Rourke – Palmiet diastella – Seldsaam
- Diastella myrtifolia (Thunb.) Salisb. ex Knight – Tulbagh diastella – CR
- Diastella parilis Salisb. ex Knight – Worcester diastella – CR
- Diastella proteoides (L.) Druce – Vlakte diastella – CR
- Diastella thymelaeoides (P.J.Bergius) Rourke
- Diastella thymelaeoides subsp. thymelaeoides – Kogelberg diastella – NT
- Diastella thymelaeoides subsp. meridiana Rourke – Hangklip diastella – VU
Verwysings
- "Diastella". Red List of South African Plants. South African National Biodiversity Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2017. Besoek op 21 Mei 2013.
- "Diastella Salisb. Ex Knight 1809". Protea Atlas Project. South African National Biodiversity Institute. Besoek op 21 Mei 2013.[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Diastella.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.