Dianthus
Dianthus is ’n blomgenus van sowat 300 spesies in die familie Caryophyllaceae, wat inheems is aan veral Europa en Asië, met ’n paar spesies in Suider- en Noord-Afrika en een spesies in Noord-Amerika. Een van die bekendste spesies is die angelier, D. caryophyllus.
Dianthus | |
---|---|
![]() | |
Die blom van Dianthus caryophyllus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | Tracheobionta |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | Caryophyllidae |
Orde: | |
Familie: | Caryophyllaceae |
Tribus: | Caryophylleae |
Genus: | Dianthus L. |
Tipe-spesie | |
Eienskappe
Die spesies is hoofsaaklik kruidagtige, meerjarige plante; ’n paar is een- of tweejarige plante of lae halfstruike met houtagtige stamme. Die blare is teenstandig, eenvoudig en meestal lineêr met ’n grysgroen of blougroen kleur. Die blom het vyf kroonblare en gewoonlik ’n gekartelde of getande randjie. Hulle is in feitlik al die spesies dof- tot donkerpienk. Een spesie, D. knappii, het geel blomme wat pers is in die middel.
Sommige spesies, veral die meerjarige spesies, het ’n sterk, speseryagtige geur.
Galery
- Dianthus barbatus.
- Die angelier, D. caryophyllus.
- Dianthus monspessulanus.
- Dianthus carthusianorum.
- D. monspessulanus.
- Rooi D.caryophyllus.
- Dianthus caryophylus (rooi).
- Dianthus shinanensis.
Eksterne skakels
- Dianthus:The Plant List
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dianthus.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Dianthus
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia