Diane Victor
Diane Victor (gebore 1964 in Witbank, Suid-Afrika) is een van die jonger generasie Suid-Afrikaanse kunstenaars wat internasionaal opgang maak. Victor het 'n BA (Skone Kunste) graad aan die Universiteit van die Witwatersrand in 1986 verwerf.
Diane Victor | |
---|---|
Diane Victor besig met 'n rookskets | |
Gebore | 1964 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Kunstenaar |
Victor is 'n kunstenaar wat tot die Goodman Galery geaffilieer is.
Uitstallings
Victor was in 2008 die feeskunstenaar by die Aardklop kunstefees in Potchefstroom. Sy was daarna weer feeskunstenaar in 2011 by Innibos in Nelspruit en in 2013 die feeskunstenaar op die KKNK in Oudtshoorn met die uitstalling "No Country for old women".
Toekennings
- Algehele wenner Sasol New Signatures (1986)
- Algehele wenner Volkskas L'Atelier (1988)
- Gedeelde tweede plek, Kemptonpark kunskompetisie (1997)
- Goue medalje vir visuele kuns, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2005)
- Finalis Sasol Wax (2006).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.