Dewetsdorp
Dewetsdorp is 'n dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika, en is 71 km suidoos van Bloemfontein en 40 km noordwes van Wepener geleë.
Dewetsdorp | |
---|---|
Dorp | |
Dewetsdorp Dewetsdorp se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 29°35′0″S 26°40′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Naledi |
Stigting | 1880 |
Oppervlak | |
• Totaal | 25,77 km2 (9,95 vk. myl) |
Hoogte | 1 099 m (3 606 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 498 |
• Digtheid | 369/km2 (960/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 91.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 84.6% |
• Afrikaans | 7.5% |
• Xhosa | 3.1% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 9940 |
Poskode (posbusse) | 9940 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
Die dorp is genoem na genl. Christiaan de Wet se pa, Jacobus Ignatius de Wet. Dit was voorheen bekend as De Wet. Jacobus de Wet was die veldkornet van die streek en het gevoel 'n dorp moet om veiligheidsredes in die omgewing van die plaas Kareefontein gestig word. In 1876 het die Volksraad die eerste aansoek vir dorpstigting van die hand gewys. Nogtans het De Wet en ander voortgegaan en die plaas Kareefontein in erwe verdeel. Drie jaar later het hy weer eens versoek dat Kareefontein as 'n dorp erken word. In 1880 is Dewetsdorp geproklameer en in 1890 het dit 'n munisipaliteit geword. Die dorp is tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britte beset nadat Bloemfontein geval het. Op 19 November 1900 het genl. De Wet die garnisoen onder bevel van W.G. Massey aangeval. Hulle het ná vier dae oorgegee.
Distrik
Die distik is 2 260 km2 groot en is uitstekende bees- en skaapwêreld. Mielies en koring word ook verbou.
Verwysings
- "Hoofplek Dewetsdorp". Sensus 2011.
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967