Deutschlandlied
Die Deutschlandlied (Duitslandlied) of Das Lied der Deutschen (Die Lied van die Duitsers) is op 26 Augustus 1841 deur Heinrich Hoffmann von Fallersleben op die destydse Britse eiland Helgoland geskryf. Sy melodie is in 1796/97 deur Joseph Haydn vir die Oostenrykse Keiser Frans II gekomponeer. Die derde strofe van die lied is die volkslied van die Federale Republiek van Duitsland.
Teks en vertaling
Die volgende is die lirieke van die "Lied der Deutschen" (Deutschlandlied) soos geskryf deur Hoffmann von Fallersleben.
Net die derde vers is die Bondsrepubliek van Duitsland se amptelike nasionale lied.[1]
Deutschland, Deutschland über alles, |
Duitsland, Duitsland bo alles, |
Deutsche Frauen, deutsche Treue, |
Duitse vroue, Duitse trouheid, |
Einigkeit und Recht und Freiheit |
Eenheid en geregtigheid en vryheid |
Let wel: Die laaste twee lyne, tussen die |: en :|, word herhaal wanneer die lied gesing word.
Volkslied
Sedert 1922 het dié lied 'n amptelike status as die Duitse volkslied, maar gedurende die "Derde Ryk" het 'n mens net die eerste strofe en die Horst-Wessel-Lied gesing. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse president Theodor Heuss en kanselier Konrad Adenauer besluit dat die derde strofe van die lied by amptelike gebeure gesing moet word. Ná die Duitse hereniging was die derde strofe van die Deutschlandlied as die volkslied van Duitsland verklaar. Die begin daarvan, Einigkeit und Recht und Freiheit (Eenheid en Reg en Vryheid), is ook die nasionale leuse van dié land.
Verwysings
- Geisler, Michael E. (2005). National symbols, fractured identities: Contesting the national narrative. UPNE. p. 70. ISBN 978-1-58465-437-7. Besoek op 25 Februarie 2014.