Denver Internasionale Lughawe
Denver Internasionale Lughawe (IATA-kode: DEN, ICAO: KDEN) is 'n groot lughawe in Denver, Colorado. Teen 140 vierkante kilometer (54 vk. myl) is dit die grootste lughawe in die Verenigde State oppervlakgewys. Aanloopbaan 16R/34L is die langste openbare aanloopbaan (4 877 meter) in die Verenigde State. In 2021 was dit die 15de besigste lughawe in die wêreld met passasiersverkeer van 58 828 552.
Denver Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: DEN – ICAO: KDEN – FAA: DEN | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | City & County of Denver Department of Aviation | ||
Operateur | City & County of Denver Department of Aviation | ||
Ligging | Noordoos-Denver, Colorado | ||
Spil vir | Frontier Airlines Great Lakes Airlines United Airlines | ||
Fokuspunt vir | Southwest Airlines | ||
Koördinate | 39°51′42″N 104°40′23″W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
DEN | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
7/25 | 12 000 | 3 658 | Beton |
8/26 | 12 000 | 3 658 | Beton |
16L/34R | 12 000 | 3 658 | Beton |
16R/34L | 16 000 | 4 877 | Beton |
17L/35R | 12 000 | 3 658 | Beton |
17R/35L | 12 000 | 3 658 | Beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 69 286 461 | ||
Lugbewegings | 615 733 | ||
Vrag | 299 867 352 kg | ||
Ekonomiese impak | VS$ 13,0 miljard[1] | ||
Bron: Denver Internasionale Lughawe[2] |
Dit was die vyfde besigste lughawe in die wêreld met meer as 635 000 vliegtuigbewegings in 2010.[3] Die Denver Internasionale Lughawe lewer 'n nonstop-diens aan bestemmings in Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Europa en Asië. Die lughawe is in die noordooste van Denver en word bestuur deur die City & County of Denver Department of Aviation. DIA is aangewys as die beste lughawe in Noord-Amerika deur die lesers van "Business Traveler Magazine" vir ses jaar agtereenvolgend (2005-2010)[4] en is die naam "America's Best Run Airport" deur Time Magazine toegedig in 2002. [5]
Denver is die belangrikste spil vir die laekosteredery Frontier Airlines en die pendelaardraer Great Lakes Airlines. Dit is die vierde grootste en Sentraal-Amerikaanse sentrum vir United Airlines, asook 'n groot fokusstad vir Southwest Airlines. Sedert die aanvang van sy diens aan Denver in Januarie 2006, het Southwest meer as 50 bestemmings bygevoeg tot sy lys, dit maak Denver sy vinniggroeiendste mark. DIA is die enigste lughawe in die Verenigde State met 'n ISO 14001-gesertifiseerde omgewingsbestuurstelsel wat die hele lughawe dek.[6]
Statistiek
Top bestemmings
Rang | Stad | Passasiers | Lugrederye |
---|---|---|---|
1 | Las Vegas, Nevada | 1 177 000 | Frontier, Southwest, Spirit, United |
2 | Phoenix–Sky Harbor, Arizona | 1 148 000 | American, Frontier, Southwest, United |
3 | Chicago-O'Hare, Illinois | 986 000 | American, Frontier, Southwest, Spirit, United |
4 | Los Angeles, Kalifornië | 924 000 | American, Delta, Frontier, Southwest, Spirit, United |
5 | Atlanta, Georgia | 890 000 | Delta, Frontier, Southwest, Spirit, United |
6 | San Francisco, Kalifornië | 872 000 | Frontier, Southwest, United |
7 | Seattle-Tacoma, Washington | 842 000 | Alaska, Delta, Frontier, Southwest, United |
8 | Minneapolis/St. Paul, Minnesota | 802 000 | Delta, Frontier, Southwest, Spirit, Sun Country, United |
9 | Dallas/Fort Worth, Texas | 800 000 | American, Frontier, Southwest, United |
10 | Houston-Interkontinentaal, Texas | 796 000 | Frontier, Southwest, Spirit, United |
Rank | Airport | Passengers | Carriers |
---|---|---|---|
1 | Cancún, Meksiko | 642,967 | Frontier, Southwest, United |
2 | Frankfurt, Duitsland | 277,864 | Lufthansa, United |
3 | London–Heathrow, Verenigde Koninkryk | 264,649 | British Airways, United |
4 | San José del Cabo, Meksiko | 240,387 | Frontier, Southwest, United |
5 | Puerto Vallarta, Meksiko | 204,418 | Frontier, Southwest, United |
6 | Vancouver, Kanada | 203,397 | Air Canada, United |
7 | Toronto–Pearson, Kanada | 194,036 | Air Canada, United |
8 | München, Duitsland | 186,921 | Lufthansa, United |
9 | Meksikostad, Meksiko | 183,100 | Aeroméxico, Volaris |
10 | Calgary, Kanada | 162,844 | United, WestJet |
Jaarlikse verkeer
Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers | Jaar | Passasiers |
---|---|---|---|---|---|
1995 | 31,067,498 | 2005 | 43,387,369 | 2015 | 54,014,502 |
1996 | 32,296,174 | 2006 | 47,326,506 | 2016 | 58,266,515 |
1997 | 34,969,837 | 2007 | 49,863,352 | 2017 | 61,379,396 |
1998 | 36,831,400 | 2008 | 51,245,334 | 2018 | 64,494,613 |
1999 | 38,034,017 | 2009 | 50,167,485 | 2019 | 69,015,703 |
2000 | 38,751,687 | 2010 | 51,985,038 | 2020 | 33,741,129 |
2001 | 36,092,806 | 2011 | 52,849,132 | 2021 | 58,828,552 |
2002 | 35,652,084 | 2012 | 53,156,278 | 2022 | 69,286,461 |
2003 | 37,505,267 | 2013 | 52,556,359 | ||
2004 | 42,275,913 | 2014 | 53,472,514 |
Lugdiens markaandeel
Rang | Lugredery | Passasiers | Aandeel |
---|---|---|---|
1 | United Airlines | 23 112 000 | 36% |
2 | Southwest Airlines | 20 552 000 | 32% |
3 | Frontier Airlines | 6 493 000 | 10% |
4 | SkyWest Airlines | 6 013 000 | 9,4% |
5 | Delta Air Lines | 3 060 000 | 4,8% |
6 | Ander rederye | 5 025 000 | 7,8% |
Verwysings
- "Denver airport – Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 September 2013.
- "Passenger Traffic Reports". Denver Internasionale Lughawe. Besoek op 2 Februarie 2022.
- "December Passenger Total at DIA Gives Airport Monthly and All-Time Records" (PDF). City & County of Denver Department of Aviation. 4 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Maart 2009. Besoek op 4 Februarie 2009.
- "Five Years in a Row". Wingtips. City & County of Denver Department of Aviation. 1 (10). Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2013. Besoek op 11 Julie 2012.
- Zoglin, Richard (15 Julie 2002). "Welcome to America's Best Run Airport". Time Magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2013. Besoek op 8 September 2011.
- "2009 Jaarverslag" (PDF). City & County of Denver Department of Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Mei 2012. Besoek op 11 Julie 2012.
- "Denver, CO: Denver International (DEN)". Washington, D.C.: Bureau of Transportation Statistics. Besoek op 31 Augustus 2023.
- "International_Report_Passengers". Washington: V.S. Departement van Vervoer]]. Besoek op 14 Oktober 2022.
- "Passenger Traffic Reports". Denver: City & County of Denver Department of Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2017. Besoek op 4 Desember 2017.
- (PDF) Denver international total passengers by airline december 1996 and year to date (Report). Denver: City & County of Denver Department of Aviation. p. 3. https://drive.google.com/file/d/0B6ZkfGghUbm9cnZCVTJUeDNjN3MxOUdEZjlPSmtRNFhMbW9B/view?usp=sharing. Besoek op January 31, 2019.
- Passenger Traffic Reports (Report). Denver: City & County of Denver Department of Aviation. https://www.flydenver.com/about/financials/passenger_traffic?date_filter%5Bvalue%5D%5Byear%5D=2022. Besoek op 2022-05-15.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |