Delbrücker SC
Delbrücker SC is 'n sokkerklub uit Delbrück in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland.
![]() | |
Volledige naam | Delbrücker Sport-Club e.V. |
Stigtingsdatum | 1950 |
Tuisveld | Stadion Laumeskamp, Delbrück |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Wesfale |
Die klub is oorspronklik in 1920 gestig as die sportklub DJK Delbrück. In 1925 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Ballspielverein Delbrück. In 1949 is die klub vir twee jaar uit alle kompetisies geskors na 'n aanval op die skeidsregter by die Stadion Laumeskamp. Die spelers het die skorsing omseil deur na 'n jaar die klub te ontbind en 'n nuwe klub te stig, die huidige Delbrücker Sport-Club.
Die klub se grootste prestasies was om die Oberliga Wesfale te haal in 2005 en om die hoofrondte van die DFB-Pokal te haal in 2006.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.