Dek
Die dek van 'n skip is die horisontale afskeiding tussen die verskillende kompartimente. Die belangrikste dek is die weerdek wat die romp aan die bokant bedek. Naas die dekkingsfunksie dra die dek ook by tot die skeepsterkte. By sommige skepe word die grootste deel van die weerdek deur groot openinge ingeneem. Die oorblywende deel in die sye, of boorde, word die gangboord genoem.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.