Deen
Die Deen (Porcostoma dentata) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika noordwaarts vanaf Port Elizabeth. In Engels staan die vis bekend as die Dane.
Deen | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Porcostoma |
Spesie: | P. dentata |
Binomiale naam | |
Porcostoma dentata (Gilchrist & Thompson, 1908) | |
Voorkoms
Die vis is oranje-rooi aan die bokant met 'n donker pers streep tussen die oë. Daar is ook 'n donker streep op die sye van die vis. Die buitenste rante van die pens en anale vinne is wit. Die vis word sowat 15 cm lank met die rekord van 1 kg wat 30 cm lank is. Daar is 4 - 6 prominente tande in die kakebeen.
Habitat en gewoontes
Hulle kom veral voor by dieper riwwe van 20 – 100 m. Die Deen vreet krappe, garnale en ander organismes.
Sien ook
Bron
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
Verwysings
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Deen.
- http://www.fishbase.org/summary/Porcostoma-dentata.html
- http://eol.org/pages/216716/overview Geargiveer 2 April 2016 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.