Deelstaat
'n Deelstaat is 'n staat wat met ander state 'n unie vorm. Hierdie unie kan as 'n federasie of 'n konfederasie funksioneer. Daarteenoor het 'n eenheidstaat per definisie nie deelstate nie.
![](../I/Brazil_States.svg.png.webp)
Deelstate (estados) van Brasilië.
![](../I/Russian_Regions-EN.svg.png.webp)
Federale deelgebiede (субъект федерации, subyekt federatsii) van Rusland.
![](../I/langaf-220px-Map_of_USA_with_state_names.svg.png.webp)
Deelstate (states) van die Verenigde State van Amerika.
Deelstate het 'n eie parlement en regering wat oor sekere bevoegdhede beskik, soos deur die unie se grondwet bepaal. Dikwels het die deelstate ook hulle eie grondwet, soos die geval met Duitsland, die Verenigde State van Amerika en in Switserland.
Die volgende lande word onderverdeel in deelstate (al word ander benaming daarvoor gebruik):
- Argentinië: Provínsias
- Australië: states and territories
- België: Geweste (Frans: régions, Nederlands: Gewest) en gemeenskappe (Frans: communautés, Nederlands: Gemeenschap)
- Brasilië: Estados
- Duitsland: Bundesländer
- Indië: states and territories
- Italië: Regioni
- Kanada: Provinsies en gebiede (Engels: Provinces and Territories, Frans: Provinces et territoires)
- Maleisië: Negeri en Wilayah Persekutuan
- Meksiko: Estados
- Nigerië: states
- Oostenryk: Bundesländer
- Rusland: субъект федерации, subyekt federatsii
- Soedan: states
- Suid-Soedan: states
- Spanje: comunidad autónoma
- Switserland: Kantons (Frans: cantons, Italiaans: cantoni, Retoromaans: chantuns)
- Venezuela: Estados
- Verenigde Arabiese Emirate: Emirate (imarat)
- Verenigde State van Amerika: states
Sommige van hierdie lande word nie uitsluitend in deelstate onderverdeel nie, maar beskik daarnaas oor gebiede met 'n andere status.
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir deelstaat.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.