Debrecen

Debrecen (Roemeens: Debreţin, Duits: Debrezin) is 'n stad in oostelike Hongarye, ongeveer 220 km oos van Boedapest geleë. Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 211 320 gehad, waarvan 99,7% Hongaars praat.[1]

Debrecen
Stad
Vlag van Debrecen
Vlag
Amptelike seël van Debrecen
Seël
Debrecen is in Hongarye
Debrecen
Debrecen
Koördinate: 47°42′0″N 21°38′0″O
LandVlag van Hongarye Hongarye
Regering
  BurgemeesterLajos Kósa
Oppervlak
  Totaal461,25 km2 (178,09 vk. myl)
Hoogte
121 m (397 ft)
Bevolking
  Totaal203 059
TydsoneUTC+3

Debrecen, die tweede grootste stad in Hongarye na Boedapest, was tradisioneel 'n belangrike sentrum van beesteelt en ambagte. In die 16de eeu was dit regstreeks tussen die invloedsfere van die Huis Habsburg, Siebenbürgen en die Osmaanse Ryk geleë. Gedurende die Reformasie het Debrecen die sentrum van Calvinistiese Protestantisme in Hongarye geword, en die liberale klimaat het die stigting van 'n universiteit bevorder waar tans sowat 25 000 studente ingeskryf is. Die Groot Gereformeerde Kerk van 1819 is steeds die belangrikste besienswaardigheid. In 2016 het die Gemeenskap van Evangeliese Kerke in Europa aan Debrecen die eretitel "Reformasiestad van Europa" verleen. Die stad is een van 'n dertigtal Europese nedersettings wat dié titel mag dra.[2]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.