Dealesville
Dealesville is 'n dorp tussen Bloemfontein en Boshof in die Vrystaat, in Suid-Afrika.
Dealesville | |
---|---|
![]() ![]() Dealesville ![]() | |
Koördinate: 28°40′S 25°46′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Tokologo |
Oppervlak | |
• Totaal | 29,31 km2 (11,32 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 446 |
• Digtheid | 186/km2 (480/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.3% |
• Indiërs/Asiërs | 1.8% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 89.4% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 56.9% |
• Xhosa | 19.4% |
• Sotho | 10.2% |
• Afrikaans | 9.0% |
• Ander | 4.5% |
Poskode (strate) | 9348 |
Poskode (posbusse) | 9348 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
Dit het sowat 20 jaar geneem om Dealesville te stig. Die rede was dat daar aanvanklik nie grond beskikbaar was nie. Dealesville was uiteindelik op die plaas Klipfontein, in besit van John Henry Deale, gestig.[2] Die dorp is op 20 Julie 1899 geproklameer en het in 1914 'n munisipaliteit geword.
Distrik
Daar is baie soutpanne in die distrik. Die Baden-Baden-mineraalbronne is sowat 15 km vanaf Dealesville. Die dorp is die kommersiële sentrum vir 'n gebied van gemengde boerdery.
Sien ook
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Vetwysings
- "Hoofplek Dealesville". Sensus 2011.
- "Routes.co.za". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2009. Besoek op 5 Desember 2009.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.