De Gids
De Gids is die oudste Nederlandse literêre joernaaltydskrif en word vandag steeds gepubliseer. Dit is in 1837 op die been gebring deur Everhardus Johannes Potgieter en Christianus Robidé van der Aa. Dit is lank beskou as die mees prestigeryke literêre tydskrifjoernaal in Nederland maar is as oudmodies beskou deur die Tachtigers, wat die De Nieuwe Gids as mededinger gestig het. In 2011 is De Gids se werksaamhede gestaak. Dit is oorgeneem as De-Gids-nieuwe-stijl deur De Groene Amsterdammer.[1]

Omslag van 'n De Gids-uitgawe
Volumes van De Gids (tot en met 2012) kan gevind word by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde[2]
Verwysings
- "Lancering De-Gids-nieuwe-stijl" (in nl). Persberig. 10 April 2012. https://www.groene.nl/artikel/lancering-de-gids-nieuwe-stijl. Besoek op 16 Junie 2020.
- "De Gids". dbnl.nl. Digitale bibliotheek voor Nederlandse letteren. Besoek op 4 Maart 2017.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.