Daxue
Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]
Grade van die
sontermyne
sontermyne
←
↓
→
↑
Lengtegraad | Termyn | Datum |
---|---|---|
Lente | ||
315° | Lichun | 4-5 Februarie |
330° | Yushui | 18-19 Februarie |
345° | Jingzhe | 5-6 Maart |
0° | Chunfen | 20-21 Maart |
15° | Qingming | 4-5 April |
30° | Guyu | 20-21 April |
Somer | ||
45° | Lixia | 5-6 Mei |
60° | Xiaoman | 21-22 Mei |
75° | Mangzhong | 5-6 Junie |
90° | Xiazhi | 21-22 Junie |
105° | Xiaoshu | 7-8 Julie |
120° | Dashu | 22-23 Julie |
Herfs | ||
135° | Liqiu | 7-8 Augustus |
150° | Chushu | 23-24 Augustus |
165° | Bailu | 7-8 September |
180° | Qiufen | 23-24 September |
195° | Hanlu | 8-9 Oktober |
210° | Shuangjiang | 23-24 Oktober |
Winter | ||
225° | Lidong | 7-8 November |
240° | Xiaoxue | 22-23 November |
255° | Daxue | 7-8 Desember |
270° | Dongzhi | 21-22 Desember |
285° | Xiaohan | 5-6 Januarie |
300° | Dahan | 20-21 Januarie |
Daxue (Chinees: 大雪; pinyin: dàxuě) of taisetsu (Japannees: 大雪) is die 21ste sontermyn en die tyd wanneer dit goed begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 255° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 270° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 255° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 Desember (8 Desember Oos-Asiatiese tyd)[2] en eindig dit omstreeks 21 Desember (22 Desember Oos-Asiatiese tyd).
Pentades
Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van daxue is:
- Eerste pentade: Die jie hou op kraai (鶡旦不鳴); die jie is ’n voël, soortgelyk aan ’n fisant, wat na bewering aggressief en strydlustig is – namate die wintertoestande toeneem, hou selfs die jie op kraai.
- Tweede pentade: Die tiere begin paar (虎始交).
- Laaste pentade: 荔挺生.
Verwysings
- "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2016.
- Matsukawa, Mitsuharu. "24 Sekkis, or Twenty-Four Japanese Small Seasons" (in Engels). Nagoya University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 31 Augustus 2018.
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige termyn ← Xiaoxue (小雪) |
Daxue (大雪) | Volgende termyn Dongzhi (冬至) → |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.