Dawid van Lill

Dawid Johannes van Lill (gebore 15 Februarie 1957) is 'n skrywer, joernalis, vertaler en redakteur wat spesialiseer in die skep van vasvraprogramme vir radio, televisie, tydskrifte en die internet. Hy het meer as 2 000 episodes van radiovasvrae gekonseptualiseer, saamgestel en aangebied, en vrae vir 'n aantal TV-vasvrae saamgestel.

Dawid van Lill

Hy het die sportafdeling vir die South African Encyclopaedia (vir MWeb Learning) bygedra, vrae vir die vorige Suid-Afrikaanse weergawe van Trivial Pursuit saamgestel en die vrae en antwoorde vir vyf reekse van The Weakest Link geverifieer. In 1984 en 1986 was hy die wenner van die gewilde TV-vasvrareeks Flinkdink en hy is ook die skrywer van verskeie boeke. Dawid is tans die uitvoerende hoof van Think Media, 'n vasvra- en trivia-maatskappy.

Lewe en loopbaan

Dawid van Lill is in 1957 in Suidwes-Afrika (Namibië) gebore. Hy het in 1984 aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer met 'n meestersgraad in Teologie. In 1984 en 1986 was hy die wenner van die gewilde TV-vasvrareeks Flinkdink. Hy het in 1985 by die SAUK aangesluit, en het ná sy Flinkdink-ervaring 'n bekende radiopersoonlikheid geword. Van 1985 tot 1997 was hy 'n omroeper by die SAUK, waar hy vasvra- en trivia-programme vir radio geskep, saamgestel en aangebied het.

In 1998 het Dawid en sy vrou, Marina, Think Media, 'n navorsingsmaatskappy, gestig. In 2000 en 2001 het Think Media die vrae en skrifte vir vasvraprogramme soos "100%, Blitsvinnig" en "Vat 'n Kans!" Hulle het ook vrae saamgestel vir die M-Net-sportvasvraprogram Going for Gold, asook vir twee reekse van die SABC 3-vasvraprogram Greed, e.tv se Mahala on e en hy was ’n konsultant en navorser vir SABC2 se Flinkdink en SABC3 se Weakest Link . Think Media het die vrae verskaf vir die M-Net-vasvrareeks Temptation en Are You Smarter than a 5th Grader? Hy skryf ook die Sport-afdeling van die Suid-Afrikaanse Ensiklopedie (wat in April 2001 op M-Web verskyn het).

Dawid het ook algemene kennisvrae vir 'n Suid-Afrikaanse weergawe van Trivial Pursuit saamgestel. Ander prestasies sluit vasvra- en trivia-boeke in, sowel as 'n aantal boeke oor Afrika, insluitend Amazing Africa, [1] Amazing Animals of Southern Africa, Wonders of Africa en Mensgemaakte Wonders van Afrika. Sy stokperdjies sluit in lees, flieks, reis, sport en algemene kennis.

In 2000 het Dawid en sy vrou, Marina, 'n Algemene Kennis- en Nuusvasvraprogram vir skole en die publiek begin, genaamd EK WEET![2]

Hy versamel ook boeke oor alles en nog wat 'n mens se algemene kennisrepertorium sal verryk. Hy is ook lief vir 'n goeie whodunit. Een van sy spesialiteite is die versameling van inligting en boeke oor sport, veral rugby, krieket, atletiek en tennis.

“Ongeneesbare nuuskierigheid is duisend keer beter as terminale onkunde.”

Boeke

TitelJaarUitgewer
Ontdek die Bybel (Larousse) Editor1993Daan Retief
Die Groot Familievasvraboek1998Human & Rousseau
The Big Family Quiz Book1998Human & Rousseau
Wat 'n Vraag!2001Human & Rousseau
Fassinerende Feite2000LAPA Uitgewers
Van Lill's South African Miscellany2004Zebra Press
Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia2004Zebra Press
Wonderlike Afrika2004LAPA Uitgewers[3]
Amazing Africa2007LAPA Uitgewers
Van Lill's South African Sports Trivia2005Zebra Press
Wonderlike Diere2005LAPA Uitgewers
Amazing Animals2007LAPA Uitgewers
Wonders van Afrika2006LAPA Uitgewers
Wonders of Africa2006LAPA Uitgewers
African Wildlife Trivia2008Struik Uitgewers
Afrika se Natuur-trivia2008Struik Uitgewers
Manmade Wonders of Africa2008LAPA Uitgewers
Mensgemaakte Wonders van Afrika2008LAPA Uitgewers
Britannica Junior vir Suidelike Afrika (Editor)2010Jacklin Enterprises
Amazing Africa (New edition)2010LAPA Uitgewers
Wonderlike Afrika (New edition)2010LAPA Uitgewers

TV-vasvrae

Stel vrae saam

Nr.TitelStasieJaarEpisodes
1100%kykNET200030
2BlitsvinnigkykNET200026
3Going for GoldM-Net200026
4GreedSABC3200026
5Mahala on ee.tv200120
6Waag 'n kansM-Net200113
7Flinkdink 1SABC2200313
8Flinkdink 2SABC2200413
9Flinkdink 3SABC2200513
10GeniusSABC1200426
11Mega MindsSABC1200413
12Whizz QuizSABC1200413
13Friday Face-OffSABC1200439
14Test the NationSABC2200501
15Sho't LeftSABC2200507
16In die KrytkykNET200508
17TweestrydkykNET200626
18Beautiful CountrySABC2200613
19Om-i-Wêreld 1 & 2kykNET200652
20Dlala Skhokho 1SABC1200626
21Dlala Skhokho 2SABC1200726
22Treasure HunterSABC3200626
23Temptation: SAM-Net200630
24Temptation: NigeriaM-Net200626
25Eish! I know! 1SABC2200713
26Eish! I know! 2SABC2200813
27Are you smarter than a 5th Grader?M-Net200813
28SoccaGameSABC1201013

Verwysings

  1. "Amazing Africa". LAPA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2012.
  2. "About I KNOW!". Dawid van Lill. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2016. Besoek op 23 Mei 2013.
  3. "Skrywersprofiel: Dawid van Lill" [Authors Profile: Dawid van Lill]. LAPA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2010.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.