Davos

Davos ([daˈfoːs] of [daˈvoːs]) is 'n munisipaliteit (politische Gemeinde) in die Oos-Switserse kanton Graubünden wat uit meerdere nedersettings met 'n totale bevolking van sowat 11 000 bestaan. Die grootstes hiervan is Davos Dorf, Davos Platz, Davos Frauenkirch, Davos Glaris, Davos Monstein en Davos Wiesen, geleë in die Landwasser-vallei (Duits: Landwassertal).

Davos
Stad
'n Uitsig oor Davos-Dorf
'n Uitsig oor Davos-Dorf
Amptelike seël van Davos
Seël
Davos is in Switserland
Davos
Davos
Ligging in Switserland
Koördinate: 46°47′35″N 09°49′17″O
LandVlag van Switserland Switserland
KantonGraubünden
StreekPrättigau/Davos
Oppervlak
  Totaal283,99 km2 (109,65 vk. myl)
Hoogte
1 560 m (5 120 ft)
Bevolking
  Totaal10 937
  Digtheid39/km2 (100/vk. myl)
TydsoneUTC+1:00 (MET)
  SomertydUTC+2:00 (MEST)
Poskode
7260, 7270
WebwerfGemeinde Davos

Volgens sy oppervlakte is Davos die grootste munisipaliteit in Graubünden en die tweede grootste in Switserland.[1] Anders as byvoorbeeld in Duitsland of Oostenryk word geen besondere stadstatus aan groter nedersettings toegeken nie en enige munisipaliteit met meer as 10 000 inwoners vir statistiese doeleindes as stad gereken - so ook Davos.

Davos het sedert die 19de eeu tot 'n gewilde herstellingsoord en wintersportbestemming ontwikkel, terwyl sy bevolking vertiendubbel het. Dit het internasionale bekendheid verwerf as gasheerstad van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), 'n vergadering van internasionale politieke en sake-elites wat jaarliks hier gehou word.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.