David Clatworthy
David Clatworthy (11 Julie 1960 - 7/8 September 2020) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse akteur.
Hy voltooi sy skoolloopbaan aan Pretoria Boys High, en verwerf in 1983 'n diploma in spraak en drama aan die Universiteit van Kaapstad.
Hy was 'n bekende akteur met 'n Fleur du Cap-toekenning vir beste akteur in 'n ondersteunende rol vir Long day's journey into the night en vir sy rol as Eddie in Greek. Hy het ook in meer as 'n 100 radiodrama-episodes verskyn.[1]
Hy was ook in die rolprente District 9 (2009), Platteland (2011) en Mia and the white lion (2018) te sien.
Verwysings
- https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bekroonde-sa-akteur-sterf/ Geraadpleeg op 08/09/2020
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.