Dasyatidae

Die Pylsterte (Dasyatidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat tot die orde Myliobatiformes behoort. Daar is ses genera met meer as 70 spesies in hierdie familie. Veertien soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Dasyatidae
Tydperk: 129–0 m. jaar gelede
Dasyatis americana
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Dasyatidae

D. S. Jordan, 1888
Genera

Sien teks.

Agtergrond

Die kop en lywe van hierdie soorte is afgeplat om saam met die pektorale vinne 'n plat skyf te vorm. Die stert is lank en dun en die punt is giftig; hulle verdedig hulle daarmee deur die aanvaller met die stert te steek. Al die visse is ovovivipaar.

Genera

Die volgende genera kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Dasyatis
  • Himantura
  • Neotrygon
  • Taeniura
  • Taeniurops

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.