Darlingrivier
Die Darlingrivier (Engels: Darling River) is met 'n lengte van 1 472 km Australië se derde grootste rivier.[1] Die Darlingrivier is die tweede grootste sytak van die Murrayrivier.
Darlingrivier | |
---|---|
Die stroomgebied van die Darlingrivier. | |
Oorsprong | samevloei van die Barwon- en Culgoa-riviere naby Brewarrina, Nieu-Suid-Wallis, Australië Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte |
Monding | Wentworth, Nieu-Suid-Wallis Murrayrivier |
Stroomgebied | Nieu-Suid-Wallis (Australië) |
Lengte | 1 472 km (915 myl) |
Oorspronghoogte | 119 m (390 voet) |
Mondinghoogte | 35 m (115 voet) |
Gemiddelde afloop | 100 m³/s (3 530 vt³/s) |
Die Darlingrivier ontspring in die noorde van Nieu-Suid-Wallis, net suid van die grens tot Queensland, in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend loop hy 1 472 km in suidwestelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Darlingrivier naby Wentworth met die Murrayrivier saamvloei.
Die Darlingrivier is Australië se mees bekende waterweg.[2] Dit het 'n baie onreëlmatige afloop van sowat 100 m³/s naby Menindee.[3]
Verwysings
- "(Australia's) Longest Rivers" (in Engels). Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
- Sally Macmillan (24 Januarie 2009). "Darling River townships offer historic route". The Courier-Mail (in Engels). Queensland Newspapers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2012. Besoek op 10 Februarie 2015.
- (en) "The Darling River". Central Darling Shire Council. Besoek op 10 Februarie 2015.[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Darlingrivier.
- (en) "Darling River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.