Darius I van Persië
Darius I of Darius die Grote was die derde keiser van die Achaemenidiese Ryk. Hy het oor die ryk regeer tydens die hoogtepunt daarvan, onder meer oor Egipte en dele van Griekeland. Die verval en val van die ryk het begin met sy dood en die kroning van sy seun, Ahasveros.[1]
Darius I van Persië | |
---|---|
Koning van konings van Persië | |
Darius I van Persië | |
Vorstehuis | Achaemenidiese dinastie |
Titels | Groot Koning (Sjah) van Persië Farao van Egipte |
Regeer | September 522 v.C. – Oktober 486 v.C. |
Volle naam | Dārayava(h)uš |
Voorganger | Bardija |
Opvolger | Xerxes die Grote |
Gebore | 550 v.C.; Persië |
Oorlede | Oktober 486 v.C.; Persië |
Begrawe | Naqsh-e Rustam |
Eggenoot | Atossa |
Vader | Hystaspes |
Moeder | Rhodogune |
Godsdiens | Zoroastrisme |
Darius het die troon bestyg deur 'n sluipmoord uit te voer op die vermeende troonrower Bardija met die bystand van ses ander Persiese adelfamilies; Darius is die volgende oggend gekroon. Die nuwe keiser het las gehad van opstande dwarsdeur sy ryk, maar het telkens daarin geslaag om dit te onderdruk. 'n Hoofepisode in die lewe van Darius was sy strafekspedisie teen die stede Athene en Eretria, en die onderwerping van Griekeland. Hy het sy ryk uitgebrei deur oorwinnings oor Thracië en Masedonië, die Saka en Irannese stamme wat Medië binnegeval het.
Darius het die ryk georganiseer deur dit in provinsies onder te verdeel, waaroor elk 'n regerende goewerneur aangestel is. Hy het 'n nuwe geldstelsel ingevoer, asook Aramees ingestel as die amptelike taal van die ryk. Darius het ook bouprojekte aangevoor dwarsdeur die ryk, met die fokus op Soesa, Babilon en Egipte. Darius het 'n regstelsel vir Egipte laat opstel. Hy het verder die Behistoen-inskripsie op 'n kranswand laat uitkerf, 'n outobiografie wat van groot moderne taalwetenskaplike belang is.
Verwysings
- "Achaemenid Dynasty". Encyclopedia Iranica. Besoek op 29 September 2009.
Darius I van Persië Gebore: 550 v.C. Oorlede: 486 v.C. | ||
Voorafgegaan deur Bardija |
Groot koning (sjah) van Persië 522 v.C.–486 v.C. |
Opgevolg deur Xerxes die Grote |
Farao van Egipte 522 v.C.–486 v.C. |