Dans van die flamink
Dans van die Flamink is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1974 deur Kavalier Films uitgereik is. Ivan Hall was die regisseur.
Dans van die Flamink | |
---|---|
Regisseur | Ivan Hall |
Produksieleier | Ben Vlok |
Draaiboek | C.F. Beyers-Boshoff |
Met | Rod Alexander, Gaby Gertz, Anele Jonker e.a. |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1974 |
Speeltyd | 92 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is ’n avontuurdrama.
Akteurs
Van die akteurs is Rod Alexander, Siegfried Mynhardt, Gaby Gertz en Anele Jonker.
Storielyn
Alex, ’n grootwildjagter, raak verlief op Agnes, ’n gesofistikeerde blondine, maar sy los hom vir ’n ryk, ouer man. Drie jaar later reis dié man Afrika binne op ’n geheime sending saam met Agnes, nou sy eksvrou. Sy gaan saam omdat sy graag die jagter wil terughê. Hy het haar egter nie vergewe nie en vry na Patrys, ’n vrou wat sy liefde vir die buitelug deel. Terwyl die twee vroue meeding om Alex se hart, speel ’n ander drama hom af op ’n nabygeleë berg, wat deur die plaaslike inwoners as vervloek beskou word.