Danie Bester
Danie Bester (1975-) is ’n Afrikaanse rolprentvervaardiger, bekend vir sy Bakgat-trilogie, Wolwedans in die skemer, Roepman, Verraaiers en talle ander flieks.[1] In 2015 het Maroela Media hul Bioskoop-boffin-prys aan hom oorhandig vir sy bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf. Tydens die geleentheid het Leon van Nierop gesê dat Bester se 2007-fliek, Ouma se slim kind, vir 'n herlewing van die Afrikaanse filmbedryf verantwoordelik is.[2]
Danie Bester | |
Geboorte | 1975 Paarl |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Skool | Paarl Boys' High |
Beroep(e) | Filmvervaardiger |
Webwerf | www.daniebester.co.za |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
As vervaardiger:
- Jou Romeo, 2016
- Vir die voëls, 2016
- Free State, 2016
- Vir altyd, 2016
- Sy klink soos lente, 2016
- Ballade vir 'n enkeling, 2015
- Hear Me Move, 2015
- Ek Joke Net 2, 2014
- Agent 2000 – Die Laksman, 2014
- Road to your Heart, 2014
- Musiek vir die agtergrond, 2013
- Bakgat! tot die mag 3, 2013
- Verraaiers, 2013
- Wolwedans in die skemer, 1012
- Hoofmeisie, 2011
- Ek joke net 1, 2011
- Roepman, 2011
- Superhelde, 2011
- Night Drive, 2010
- Bakgat 2!, 2010
- Ark of Mercy, 2009
- Bakgat!, 2008
- Ouma se slim kind, 2007
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- Danie Bester aangewys as Maroela Media se Bioskoop-boffin, Maroela Media, 12 September 2015
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.