Dahme-Spreewald
Dahme-Spreewald (amptelik: Landkreis Dahme-Spreewald, Neder-Sorbies Wokrejs Dubja-Błota) is 'n administratiewe distrik in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg. Die distrik strek van die suidoostelike stadsgrens van Berlyn tot in die Spreewald en die uitlopers van die Lae Fläming (Niederer Fläming).
Wapen | Ligging in Duitsland |
---|---|
Basiese gegewens | |
Deelstaat: | Brandenburg |
Administratiewe setel: | Lübben (Spreewald) |
Oppervlakte: | 2 261,09 vk km |
Bevolking: | 169 067[1] (31 Desember 2018) |
Bevolkingsdigtheid: | 74 inwoners per vk km |
Kenteken: | LDS |
Administratiewe verdeling: | 37 munisipaliteite |
Landrat: | Stephan Loge (SPD) |
Amptelike webwerf: | dahme-spreewald.de |
Ligging in Brandenburg | |
Die distrik Dahme-Spreewald is ingevolge administratiewe hervormings amptelik op 6 Desember 1993 gevorm met die samesmelting van drie kleiner vroeëre distrikte (Königs Wusterhausen, Luckau en Lübben), drie stede (Lieberose, Märkisch Buchholz en Golßen) en tien nedersettings (Blasdorf, Doberburg, Jamlitz, Leeskow, Plattkow, Speichrow, Telz, Trebitz, Ullersdorf en Wernsdorf).
Die voormalige lughawe Berlyn-Schönefeld (tans die snelste groeiende in Duitsland met 12,7 miljoen passasiers in 2018[3]) is hier buite die nedersetting Schönefeld geleë, net soos die nuwe lughawe Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe wat op 31 Oktober 2020 geopen is. Die suide van Dahme-Spreewald het 'n sterk agrariese karakter as een van die belangrikste produsente van groente in Duitsland wat onder die internasionaal beskermde handelsmerk Spreewald bemark word, terwyl ook toerisme 'n belangrike bron van inkomste geword het, onder meer danksy die groeiende gewildheid van plaasvakansies.
Ekonomie
Die belangrikste ekonomiese sektore is lug- en ruimtevaart, logistiek, biotegnologie, metaalverwerking, toerisme en voedselvervaardiging. Die distrik se sowat 14 000 klein en middelgroot ondernemings het in 2017 werk aan 60 900 mense verskaf.
Verwysings
- Statistik Berlin-Brandenburg: Bevölkerung im Land Brandenburg nach amtsfreien Gemeinden, Ämtern und Gemeinden 31. Dezember 2018. Besoek op 17 September 2019
- Berliner Zeitung, 4 Julie 2017: Lieberoser Heide - Ein wüstenähnliches Ödland mitten in Brandenburg. Besoek op 25 November 2018
- www.aerobuzz.de, 15 Januarie 2019: Berliner Airports schafften 2018 neuen Passagierrekord. Besoek op 17 September 2019
Selfregerende stede en distrikte van Brandenburg | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
|