Daejeon
Daejeon (Koreaans: 대전광역시, [tɛd͡ʑʌn], , letterlik: "groot veld") is die vyfde grootste stad naas die hoofstad Seoel, Busan, Incheon en Daegu in die weste van Suid-Korea en lê in die suidweste van die Koreaanse Skiereiland. Die stad het 'n bevolking van 1 469 543 in 2022 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 539,85 km². Daejeon was tydens die Korea-oorlog tydelik die hoofstad van Suid-Korea en was grootliks vernietig. Ná die oorlog het egter 'n groot herboufase vir die stad begin. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Daejeon | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Suid-Korea |
Streek | Hoseo |
Koördinate | 36°21′N 127°23′O |
Stigting | 1895 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 539,85 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 1 469 543 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 700/vk km |
Tydsone | UTC +9 (KST) |
Burgemeester | Heo Tae-jeong |
Amptelike webwerf | daejeon.go.kr |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Daejeon.
- (en) Toerisme-inligting oor Daejeon op Wikivoyage
- (ko) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.