Daegu
Daegu (Koreaans: 대구광역시, [tɛ̝.ɡu], letterlik: "groot heuwel") is die vierde grootste stad naas die hoofstad Seoel, Busan en Incheon in die suide van Suid-Korea en is in die suide van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 366 852 in 2022 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 499,51 km². Daegu is die belangrikste administratiewe, politiese en ekonomiese sentrum in die suide. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Daegu | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Streek | Yeongnam |
Koördinate | 35°52′N 128°36′O |
Stigting | 757 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 499,51 vk km |
Hoogte bo seevlak | 106 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 2 366 852 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 730/vk km |
Tydsone | UTC+9 (KST) |
Burgemeester | Kwon Young-jin |
Amptelike webwerf | daegu.go.kr |
![](../I/Daegu_dalseongdo.jpg.webp)
Daegu in die 18de eeu
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Daegu.
- (en) Toerisme-inligting oor Daegu op Wikivoyage
- (ko) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.