Dachshund

Die Dachshund (ook worshond in Afrikaans genoem), is 'n hound-tipe honderas met kort bene en 'n lang lyf.

Dachshund
'n Rooi gladdehaar dachshund
Alledaagse bynameTeckel (Eur.), Wiener Dog/Hotdog (VS), Sausage Dog (VK/VSA/AUS/S.A.), Bassotto (It.), Sosis (Tur.), Worshond (S.A.)
OorsprongDuitsland
Kenmerke
Pels Lank, glad of draadhaar
Werpsels 4–8
Lewensduur 12,7 jaar (gem.)[1]
Klassifikasiestandaarde
FCI Group 4, Section 1 Dachshunds #148 standaard
AKC Hound standaard
ANKC Groep 4 – (Hounds) [miniatuurdraadhaar standaard]
CKC Hounds
NZKC [long-haired
smooth-haired
wire-haired
miniature long-haired
miniature smooth-haired
miniatuurdraadhaar standaard]
UKC Scenthound Breeds standaard
Hond (Canis lupus familiaris)

Die gewone grootte worshond is ontwikkel om diere wat in gate woon, uit te snuffel en te verjaag, terwyl die miniatuurworshond geteel is om kleiner prooi soos hase te jag. In die Verenigde State van Amerika, was hulle ook gebruik om gewonde takbokke op te spoor en prairiehonde te jag.

Voorkoms

Die tipiese worshond het 'n lang lyf en is goed gespierd met kort, stomp bene. Sy voorpote is buitengewoon groot en spaanvormige om uiterste grawe-werk te kan doen. Hy het 'n vel wat los genoeg sit om nie te skeur nie, terwyl hy in smal gate tonnel op soek na sy prooi. Die worshond het 'n diep bors wat groter longkapasiteit en stamina bied wanneer hy prooi ondergronds jag. Sy snoet is lank met 'n vergrote neusgebied om reuke op te spoor.[2]

Verwysings

  1. "Individual Breed Results for Purebred Dog Health Survey" (in Engels). The Kennel Club. 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2013. Besoek op 26 November 2015.
  2. http://www.almosthomerescue.org/about_dach/history.htm.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.