DVD-Video
DVD-Video is die opvolger van die CD-Video- en VHS-formaat en het danksy verbeterde digitale beeld- en klankkwaliteit die gewildste medium vir tuisteaterstelsels geword. Die DVD-Video-formaat baseer op die DVD-ROM. Die maksimale speeltyd van 'n DVD-rolprent varieer na gelang van die tipe DVD-ROM waarop dit gestoor word; tweesydige DVD-Video's met twee lae op elke sy het 'n verlengde speeltyd van sowat agt ure.
Gebiedskodes (regional codes)
Die Amerikaanse rolprentnywerheid behou die reg voor om films in die buiteland op 'n later tyd vry te stel as in Noord-Amerika. By die invoering van die DVD-formaat vir rolprente dring die filmateljees daarop aan dat gebiedskodes op die skywe gestoor word, wat die gebruik van die DVD tot die ooreenstemmende gebied beperk.
![](../I/DVD-Regions_with_key.png.webp)
Die gebiedskodes van die DVD-Video
Kode | Gebied |
---|---|
1 | VSA, Kanada en VSA-besittings |
2 | Europa, Groenland, Suid-Afrika, Japan, Egipte en Midde-Ooste |
3 | Suidoos-Asië, Suid-Korea, Hongkong, Indonesië, Filippyne, Republiek van Sjina |
4 | Australië, Nieu-Seeland, Mexiko, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika |
5 | Rusland en GOS-lande, Oos-Europa, Indië, Afrika |
6 | Volksrepubliek van Sjina |
7 | Gereserveer vir toekomstige gebruik |
8 | Internasionale terreine, soos byvoorbeeld op skepe en in vliegtuie |
DVD-tipes, stoorkapasiteit en video-speeltyd
DVD-tipe | Lae | Stoorkapasiteit | Video-speeltyd |
---|---|---|---|
DVD-5 | een laag | 4,7 GB | 120 minute |
DVD-9 | dubbellaag | 8,54 GB | 240 minute |
DVD-10 | een laag | 9,4 GB | 270 minute |
DVD-14 | een of twee lae | 13,24 GB | 360 minute |
DVD-18 | twee lae | 17 GB | 480 minute |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.