DS 4
Die DS 4 is 'n kompakte motor, die tweede model in die destydse nuwe premium (luukse voertuig) DS-submerk wat deur Citroën geskep is. Dit is amptelik in 2011 bekendgestel. Dit is gebaseer op die Citroën C4 II, en het verhoogde vering om soos 'n kompakte SUV te lyk en deurhandvatsels wat verskuif is om dit 'n koepee-agtige silhoeët te gee.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën (tot 2015) DS Automobiles (sedert 2015) |
Ook genoem | Citroën DS4 (tot 2015) |
Produksie | 2010–2018 |
Montering | Frankryk: Mulhouse (PSA Mulhouse-aanleg) Maleisië: Gurun, Kedah |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | kompakte motor (C-segment) |
Bakstyl | 5-deur luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaandrywing |
Platform | PSA PF2 |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.6 L I4 VTi 1.6 L I4 THP Turbo 1.6 L I4 HDi, e-HDI en BlueHDI Turbo-diesel 2.0 L I4 HDi, e-HDI en BlueHDI |
Ratkas | 5 of 6-gang handrat 6-gang semi-outomaties ETG6 6-gang outomatiese EAT6 |
Lengte | 4275 mm |
Breedte | 1810 mm |
Hoogte | 1523 mm |
Massa | 1360 – 1496 kg |
Asafstand | 2612 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Citroën C4 Coupé |
Opvolger | DS 4S (China) DS 4 Crossback |
Variante | Citroën C4 II |
Die agtervensters is afgeseël en maak nie na buite toe oop nie.[1]
Die huidige enjinlyn verskil aansienlik. Die DS 4 is beskikbaar met stop-aansittegnologie en Citroën sê dat hul die battery geoptimaliseer het om tot 600 000 aansitsiklusse te kan weerstaan. Die bagasiebak is 385 liter of 1021 liter met die agterste sitplekke platgevou. Die DS 4 se stilering is baie goed ontvang deur die internasionale motorpers.
Verwysings
- Post your review!. "Citroen DS4 reviews | Expert and user reviews" (in Engels). carwow.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 3 Februarie 2012.
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |