DJK Germania Gladbeck
DJK Germania Gladbeck is 'n sportklub uit Gladbeck in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir handbal, budo en tafeltennis.
Volledige naam | Deutsche Jugendkraft Germania Gladbeck 1923 e.V. |
Stigtingsdatum | 1923 |
Tuisveld | Stadion Gladbeck, Gladbeck |
Kapasiteit | 37 612 |
Kompetisie | Verbandsliga 2 Wesfale |
Die klub is al in 1923 gestig, maar het vir die grootste deel van sy geskiedenis 'n lae profiel gehad in die skadu van klubs soos Sportclub Preußen Gladbeck (vandag SG Preußen Gladbeck 1910/29 e.V.) en veral Sportfreunde Gladbeck (vandag FC Gladbeck), wat tussen 1957 en 1963 op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur meegeding het. Die klub is in 1934 ontbind deur die Nazi's, maar is weer heropgerig in 1945.
Vandag is Germania die topklub in Gladbeck en speel in die Stadion Gladbeck, 'n historiese monument, wat aan die stad behoort. Die klub se tradisionele tuisveld is die Sportplatz am Krusenkamp met 'n kapasiteit van 2 000. Die klub se grootste prestasie was om na die Oberliga Wesfale te promoveer in 2007.
Onlangse ligaposisionering
|
Eksterne skakels
- Amptelike klubwerf Geargiveer 13 September 2008 op Wayback Machine
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen | |
Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick |