DFB-Pokal

Die DFB-Pokal is 'n jaarlikse uitklopkompetisie vir Duitse sokkerklubs wat deur die Duitse sokkerbond (Deutscher Fußball-Bund, DFB) georganiseer word.

DFB-Pokal
DFB-Pokal 2024
Sportsoort Sokker
Gestig 1935
Eienaar Duitse sokkerbond
Inwydingseisoen 1935
Deelnemende lande Vlag van Duitsland Duitsland
Aantal spanne 64
Mees onlangse kampioen RB Leipzig (2023)
Verwante kompetisies Bundesliga
2. Bundesliga
Regionalliga Noord
Regionalliga Suid

Geskiedenis

In Desember 1935 is die eerste Duitse uitklopbeker-eindstryd voor 60 000 toeskouers gespeel in die Rheinstadion in Düsseldorf. Die kompetisie was toe bekend as die Tschammerpokal, genoem na die nasionale sportkommissaris Hans von Tschammer und Osten. Na die Tweede Wêreldoorlog het die DFB eers weer in 1952 'n toernooi om die beker ingestel. In Oos-Duitsland is 'n bekertoernooi in 1949 begin, die FDGB-Pokal. Die eerste eindstryd was in Halle (Saale) tussen BSG Waggonbau Dessau en BSG Gera-Süd (1–0).

Sedert 1981 is daar ook 'n DFB-Pokal vir vrouespanne.

Modus

Die hoofronde word beslis tussen 64 spanne:

  • Die 36 spanne wat die vorige seisoen in die Bundesliga en 2. Bundesliga meegeding het.
  • Die 4 spanne wat die vorige seisoen eerste en tweede geëindig het in die Regionalliga Noord en Regionalliga Suid.
  • Die 21 wenners van die verskillende sokkerdistrikte se uitklopkompetisies (Verbandspokal) van die vorige seisoen.
  • Een addisionele span uit elk van die drie sokkerdistrikte wat die hoogste aantal geregistreerde mansspanne het (gewoonlik die klub wat tweede geëindig het in die Verbandspokals van die sokkerdistrikte Beiere, Wesfale en Nedersakse).

(Die wenners van elke streeks-uitklopkompetisie (kreispokal) in die land kry 'n geleentheid in die betrokke distrik se verbandspokal, so elke klub in Duitsland, selfs op die laagste vlakke, neem indirek deel aan die nasionale uitklopkompetisie en kan dit teoreties wen.)

Die toernooi word gespeel op 'n uitklopstelsel met slegs een wedstryd per ronde. In die eerste twee rondes speel die klubs uit die Bundesliga en 2. Bundesliga nie teen mekaar nie. Reg deur die toernooi sal 'n klub wat teen 'n span uit die Bundesliga of 2. Bundesliga geloot word, altyd die tuisveldvoordeel kry, behalwe in die eindstryd, wat sedert 1985 in die Olimpiese stadion in Berlyn gespeel word.

Tschammer-bekerkampioen

DFB-Pokalkampioen (mans)

Kaart volgens kampioene

Aantal kere kampioen:

FC Bayern München20
SV Werder Bremen6
BV Borussia Dortmund5
Eintracht Frankfurt5
FC Schalke 045
1. FC Keulen4
1. FC Neurenberg4
Hamburger SV3
VfB Stuttgart3
VfL Borussia Mönchengladbach3
Fortuna Düsseldorf2
1. FC Kaiserslautern2
Karlsruher SC2
Dresdner SC2
TSV 1860 München2
RB Leipzig2
Bayer 04 Leverkusen1
SC Rooiwit Essen1
VfL Wolfsburg1
Swartwit Essen1
Hannover 961
VfB Leipzig1
Kickers Offenbach1
KFC Uerdingen 051
First Vienna FC 18941
SK Rapid Wien1

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.