Cyrtanthus leucanthus
Die witbrandlelie (Cyrtanthus leucanthus) is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae en is endemies aan die Wes-Kaap waar dit van Rooi-Els tot by Potberg voorkom. Die plant vorm deel van die fynbos-bioom. Die spesie groei langs die kus en daar is tans veertien subpopulasies bekend waarvan nie een meer as 40 individuele plante het nie. Die spesie word bedreig deur indringerplante en ontwikkeling aan die kus. Dit staan ook as die witbergpypie en witpypie bekend.
Witbrandlelie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. leucanthus |
Binomiale naam | |
Cyrtanthus leucanthus Schltr., 1897 | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.