Cypsiurus
Cypsiurus is 'n genus van voëls in die familie van windswaels (Apodidae). Die genus omvat twee spesies.[1]
Cypsiurus | |
---|---|
'n Palmwindswael in vlug. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Cypsiurus Lesson, 1843 |
spesies | |
C. balasiensis |
Hierdie voëls het hoofsaaklik bleekbruin vere en lang teruggevoude vlerke wat soos 'n sekel of 'n boemerang lyk. Die liggaam is skraal en die stert is lank en diep ingevurk, hoewel hulle dit gewoonlik toehou. Jonger voëls kan aan hulle korter sterte uitgeken word en daar is nie 'n groot verskil tussen die geslagte nie. Hulle pote is baie kort en word hoofsaaklik gebruik om aan vertikale oppervlaktes vas te klou, aangesien windswaels nooit vrywillig op die grond sal land nie.
Spesies
- Cypsiurus balasiensis
- Cypsiurus parvus - Palmwindswael
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.