Cynoglossidae

Die Linkeroog-tongvisse (Cynoglossidae) is 'n familie visse van die orde Pleuronectiformes. Daar is drie genera met 110 spesies in die familie. Dertien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Cynoglossidae
Symphurus pusillus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Soleoidei
Familie:
Cynoglossidae
Genera

Cynoglossus
Paraplagusia
Symphurus
Sien teks vir spesies.

Kenmerke

Die familie se lywe is uiters plat en ovaalvormig met beide oë aan die linkerkant van die kop. Die dorsale en anale vinne vorm saam met die stertvin een vin terwyl die familie geen pektorale vinne het nie en die bekken vin is baie klein. Die familie word 9 – 32 cm groot en hulle eet klein skaaldiere, slakke en wurms. Die meeste spesies leef vlak water op modderige en sanderige bodems. Vyf spesies verkies om riviere te leef. Die familie begrawe hulself onder die sand.

Genera

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Cynoglossus
  • Paraplagusia
  • Paraplagusia bilineata

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.