Cryptodira
Cryptodira is 'n taksonomiese suborde van skilpaaie (Testudines). Dit is (saam met Pleurodira) een van die twee subordes waarin skilpaaie opgedeel word. Die meeste lewende skilpaaie behoort aan die groep.
Criptodiros | |
---|---|
Dipsochelys hololissa | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Cryptodira |
Families | |
|
Skilpaie wat aan die suborde behoort kan hulle nekke reguit onder hulle doppe intrek. Hulle hoef dus nie hulle nekke te vou of sywaarts langs die liggaam onder die dop in te trek nie. Skilpaaie wat aan die suborde Pleurodira behoort, daarteenoor, vou hulle nekke onder hulle doppe in.
Die naam is afgelei van crypta = holte en dira = verberg. Voorbeelde hiervan is die bergskilpad, Kalahariskilpad en die leerskilpad.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.