Croesus

Croesus (595 v.C – c. 546 v.C.) was die koning van Lidië in Klein-Asië, 'n klein koninkryk wat tydens die Ystertydperk in 'n deeltjie van die hedendaagse Turkye bestaan het. Hy was beroemd vir sy rykdom. Die uitdrukking “so ryk soos Croesus” word soms gebruik om uiters welgestelde mense te beskryf.[1]

Portret van Croesus.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.