Crater Cruise Bergfietswedren

Die Crater Cruise is 'n bergfietswedren wat jaarliks plaasvind en gewoonlik gedurende die eerste naweek in Oktober. Dit begin en eindig in Parys in die Vrystaat, Suid-Afrika. Dit is by verre een van die gewildste wedrenne in die land. Die Crater Cruise-marathon (106km) vind gewoonlik op die Saterdag plaas terwyl die halfmaraton (56km) op die Sondag plaasvind saam met verskeie kleiner bergfiets-wedrenne vir die kinders. Die eerste Crater Cruise het in 2004 plaasgevind.

Roete

Die wedren begin gewoonlik in Parys, gaan onmiddellik oor die Vaalrivier en draai dan links na Venterskroon. Die roete volg die gruispad aan die noordelike oewer van die Vaalrivier en kruis dan die rivier by Schoemansdrift. Die roete hou nou op die gruispad aan die suidelike oewer van die Vaalrivier terug tot in Parys.

Omstredenheid

In 2005 kon geen manswenners aangewys word nie as gevolg van 'n boer wat opdrag gegee het dat sy plaashekke toe moet bly. 'n Plaaswerker het die oggend die hekke oop gesien en besluit om dit toe te maak. Die jaers het na die tyd ooreengekom dat die vyf wat los voor was die prysgeld gelykop tussen hulle sou verdeel.[1]

In 2008 het 'n rooibokram konsternasie veroorsaak toe hy een van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers, Yolandi du Toit, tydens die Crater Cruise-bergfietswedren van haar fiets gestamp het.[2]

Wenners sedert 2004

JaarMans wennerVroue wenner
2004Mannie HeymansAnke Erlank
2005Famous 5Anke Erlank
2006Melt SwanepoelYolande de Villiers
2007JP PeartonChristi Pienaar
2008Melt SwanepoelYolande Speedy
2009Kevin EvansYolandi du Toit
2010Kevin EvansYolandi du Toit
2011Kevin EvansAriane Kleinhans
2012Kevin EvansTheresa Ralph
2013Waylon WoolcockAriane Kleinhans

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.