Crassulaceae

Crassulaceae, die vetkruidfamilie,[2] of die plakkieplantfamilie.[3] is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 36 genera in.[4]

Crassulaceae
Die Rosularia-blom.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Saxifragales
Familie:
Crassulaceae

J.St.-Hil.[1]
Genera
Sien teks
Graptopetalum paraguayense.

Geen lede van die familie is belangrike landbougewasse nie, maar baie is gewilde tuinbouplante; hulle het dikwels ’n vreemde, bekoorlike voorkoms en is taamlik gehard. Bekende spesies sluit in die kerkeibos (Crassula ovata) en Kalanchoe blossfeldiana.

Klassifikasie

Crassulaceae is ’n monofiletiese groep binne die eudikotiele as lid van die orde Saxifragales.[5] Sommige ouer klassifikasiestelsels plaas Crassulaceae in Rosales. Klassifikasie binne die familie is moeilik omdat baie van die spesies maklik verbaster – in die natuur en in tuinbou.

Genera

Daar is 36 genera wat tot die familie hoort:[6]

  • Adromischus Lem.
  • Aeonium Webb & Berthel.
  • Afrovivella A.Berger
  • Aichryson Webb & Berthel.
  • Chaloupkaea Niederle
  • Chiastophyllum (Ledeb.) A.Berger
  • Cotyledon L.
  • Crassula L.
  • Cremnophila Rose
  • Dudleya Britton & Rose
  • Echeveria DC.
  • Graptopetalum Rose
  • Hylotelephium H.Ohba
  • Hypagophytum A.Berger
  • Kalanchoe Adans.
  • Kungia K.T.Fu
  • Lenophyllum Rose
  • Meterostachys Nakai
  • Monanthes Haw.
  • Orostachys Fisch.
  • Pachyphytum Link, Klotzsch & Otto
  • Perrierosedum (A.Berger) H.Ohba
  • Petrosedum Grulich
  • Phedimus Raf.
  • Pistorinia DC.
  • Prometheum (A.Berger) H.Ohba
  • Pseudosedum (Boiss.) A.Berger
  • Rhodiola L.
  • Rosularia (DC.) Stapf
  • Sedum L.
  • Sempervivum L.
  • Sinocrassula A.Berger
  • Thompsonella Britton & Rose
  • Tylecodon Toelken
  • Umbilicus DC.
  • Villadia Rose

Verwysings

  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III" (PDF). Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Besoek op 6 Julie 2013.
  2. Prof. dr. S.J. du Plessis (samesteller). Voorlopige Woordelys in Landbou en Bosbou Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1950.
  3. Faffa Landbou.com.
  4. t'Hart, H. (1997). Diversity within Mediterranean Crassulaceae. Lagascalia, 1-2, 93-100.
  5. Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III". Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x.
  6. http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:30000887-2

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.