Cottesloe

Cottesloe is 'n klein voorstad wes van Johannesburg se middestad, sowat 3 km noordwes van die stadsaal, wes van Braamfontein, noord van Vrededorp en Jan Hofmeyr, en suid van Parktown. Dit is so genoem deur die eertydse minister van lande dr. Adam Jameson na die Wes-Australiese dorp met dieselfde naam, sowat 11 km suidwes van Perth.

Cottesloe
Cottesloe is in Gauteng
Cottesloe
Cottesloe
 Cottesloe se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°11′42″S 28°2′3″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
  Totaal0,33 km2 (0,13 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 403
  Digtheid4 252/km2 (11 010/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense7,6%
  Indiërs/Asiërs2,3%
  Bruin mense3,4%
  Swart mense86,0%
  Ander0,8%
Taal (2011)
  Tswana 16,7%
  Engels 15,9%
  Zoeloe 14,5%
  Suid-Ndebele 12,3%
  Ander 11,6%
Die Hervormde kerk Johannesburg, Cottesloe, soos dit voorkom op die program vir die inwyding daarvan op 30 November 1935. Dit is vandag nog 'n baken op 'n heuwel in die voorstad.

In 1960 het Cottesloe wêreldbekend geraak vanweë die Cottesloe-kerkeberaad wat hier gehou is.

Sien ook

Bron

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

  1. "Subplek Cottesloe". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.