Coombe Abbey
Coombe Abbey is in die 12de eeu gestig as ’n klooster. Dit is min of meer halfpad tussen Coventry en Brinklow geleë in Warwickshire, Engeland.
![](../I/Johnson_CoombeAbbey_HAGAM.jpg.webp)
Coombe Abbey in 1797, ’n skildery deur Maria Johnson.
![](../I/Coombe_abbey_6y07.JPG.webp)
Coombe Abbey vandag.
Ná die ontbinding van die Engelse kloosters in die 16de eeu het dit ’n koninklike eiendom geword. In 1682 is die westelike vleuel bygevoeg deur die argitek kaptein William Winde, wat ook Buckingham House ontwerp het wat later Buckingham-paleis geword het. Coombe Abbey is tot in 1923 vir verskeie geslagte deur die Graaf van Craven besit.
In November 1964 het die Coventry-stadsraad Coombe Abbey met 60 hektaar grond gekoop. Dit is nou ’n park en die huis is ’n hotel.
Eksterne skakels
- Webtuiste van die Coombe Abbey-hotel
- Aanlyn-weergawe van ’n 1961-boek, The Story of Combe Abbey
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Coombe Abbey.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.