Consolidated B-24 Liberator

Die Consolidated B-24 Liberator is 'n Amerikaanse viermotorige swaarbomwerper waarvan wat ontwerp is deur Consolidated Aircraft van San Diego, Kalifornië. Die vliegtuig was binne die maatskappy bekend as Model 32 en sommige van die aanvanklike eenhede was geproduseer vir uitvoer vir gebruik as LB-30's, die Land Bomwerper kategorie.

Consolidated B-24 Liberator
Amerikaanse Consolidated B-24D Liberator oor Maxwell Field, Alabama.
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Consolidated Aircraft
Nooiensvlug 29 Desember 1941
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag

Britse Lugmag

By sy ontstaan was die B-24 'n moderne ontwerp met 'n hoogs doeltreffende skouergemonteerde Davis-vlerk met 'n hoë aspekverhouding. Die vlerk het die Liberator 'n hoë kruissnelheid, lang togafstande en die bomlading verbeter. In vergelyking met sy tydgenote was die B-24 relatief moeilik om te vlieg en het swak laesnelheidverrigting gehad; dit het ook 'n laer vlieg plafon gehad en was minder robuust as die Boeing B-17 Flying Fortress. Terwyl lugbemannings geneig was om die B-17 te verkies, het Weermag Personeel die B-24 verkies en dit in groot getalle vir 'n wye verskeidenheid rolle aangeskaf.[1][2] Daar was ongeveer 18 500 eenhede van die vliegtuig vervaardig (insluitend 8 685 eenhede deur Ford) en dit is steeds die rekord vir bomwerpers, swaarbomwerpers, multi-motorige vliegtuie en Amerikaanse militêre vliegtuie vervaardig.


Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Consolidated B-24 Liberator:
Item Statistiek
Aantal motors 4
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Pratt & Whitney
Kraglewering per motor 1200 perdekrag
Vlerkspan 33,53 m
Lengte 20,22 m
Hoogte 5,46
Maks. opstyg massa 29 030 kg
Maks. snelheid 488 km/h op 7 620 m
Operasionele hoogte 9 754 m
Togafstand 7 403 km
Bewapening Twee 0.50 Browning masjiengewere en
sewe 0.303 Browning masjiengewere.

Verwysings

  1. Birdsall (1968). Famous Aircraft: The B-24 Liberator.
  2. "The Boeing B-17 Flying Fortress vs. the Consolidated B-24 Liberator". warfarehistorynetwork.com. 30 Junie 2017.

Bron

  • Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.