Concord, Massachusetts
Concord is 'n historiese dorp in die deelstaat Massachusetts. Die dorp is 19 km noordwes van Boston en geleë aan die Concordrivier.
Concord | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Massachusetts |
County | Middlesex |
Koördinate | 42°28′N 71°21′W |
Stigting | 1635 |
Inkorporasie | 1635 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 67,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 43 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 17 669 |
- Bevolkingsdigtheid | 260/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | |
Amptelike Webwerf | concordma.gov |
Geskiedenis
Die eerste nedersetting is in 1635 gestig deur Simon Willard en het dorpstatus verkry in dieselfde jaar. Nadat die eerste skote van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog by Lexington geskiet is tydens die Slag van Lexington en Concord op 19 April 1775, het die Amerikaanse mag die Britse mag hier op die Old North Bridge gestuit en laat terugval na Charleston.
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 126.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.