Como

Como ([ˈkɔːmo], Lombardies: Còmm [ˈkom]) is 'n stedelike nedersetting en comune (munisipaliteit) in die Italiaanse streek Lombardye en die administratiewe setel van die provinsie Como, sowat 45 km noord van Milaan aan die Comomeer en naby die grens met die Switserse kanton Ticino geleë, met 'n bevolking van 83 320 soos op 1 Januarie 2018. In Italiaans word na die inwoners as comaschi verwys.

Die bekendste boorling van Como is Alessandro Volta (1745−1827), grondlegger van die elektrisiteitsleer, wat in 1800 die eerste elektriese battery ontwikkel het.[1] In 2015 het Daniel Libeskind die monument The Life Electric ter ere van die befaamde wetenskaplike geskep
Città di Como

Còmm
Stad
Uitsig oor Como met die Comomeer
Uitsig oor Como met die Comomeer
Vlag van Città di Como
Vlag
Città di Como is in Italië
Città di Como
Città di Como
Koördinate: 45°49′0″N 9°5′0″O
LandVlag van Italië Italië
StreekLombardye
ProvinsieComo (CO)
Romeinse municipium (Novum Comum)196 v.C.
Regering
  BurgemeesterMario Landriscina (Onafhanklike, sentrum-links)
Oppervlak
  Totaal37,12 km2 (14,33 vk. myl)
Hoogte
201 m (659 ft)
Bevolking
  Totaal83 320
  Digtheid2 200/km2 (5 800/vk. myl)
TydsoneUTC+1 (MET)
  SomertydUTC+2 (MEST)
Poskode
22100
Skakelkodes031
Webwerfcomune.como.it

Como se ligging aan die gelyknamige meer en naby die Alpe maak van die stad 'n gewilde toeristebestemming, net soos 'n verskeidenheid argitektoniese besienswaardighede en kunsskatte, tuine, parke en musea. Die belangrikste historiese geboue sluit die katedraal van Como, die Sant'Abbondio-basiliek, Villa Olmo, die Tempio Voltiano in die publieke tuin wat ter ere van Alessandro Volta opgerig is, die Teatro Sociale, die Middeleeuse stadsaal Broletto en die 20ste eeuse Casa del Fascia, een van die bekendste geboue in die rasionalistiese Italiaanse styl (razionalismo italiano).

Vanaf die 16de eeu het Como bekendheid verwerf met sy syvervaardiging. Die geskiedenis van die plaaslike sybedryf word sedert 1990 in Como se Symuseum behandel.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.