Columbus, Nebraska

Columbus is 'n stad in die deelstaat Nebraska geleë op die samevloeiing van die Platte- en Loupriviere, ongeveer 140km wes van Omaha. Die administratiewe setel van die Platte County is hier geleë. Die nedersetting is in 1856 gestig en het dorpstatus in 1865 verkry. Gedurende 1875 was die dorp die begin punt vir goudprospekteerders wat na die Black Hills gereis het.

Columbus

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Nebraska
 County Platte
 Koördinate 41°26′N 97°21′W
 Stigting 1856
 Oppervlakte:  
 - Totaal 26,11 vk km
 Hoogte bo seevlak 441 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 22 509
 - Bevolkingsdigtheid 850/vk km
 Tydsone EST (UTC -6)
 Somertyd EDT (UTC -5)
 Amptelike Webwerf columbusne.us

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.