Columbus, Indiana
Columbus is 'n stad in die deelstaat Indiana geleë op die oewers van die White-rivier. Die administratiewe setel van die Bartholomew County is hier geleë. Die stad is 64km suidoos vanaf Indianapolis. Die dorp is gestig in 1820 deur generaal John Tipton en was eers bekend as Tiptona. Dit het in 1864 stadstatus verwerf. Die Bakalat lugmag basis is naby geleë.
Columbus | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Indiana |
County | Bartholomew |
Koördinate | 39°13′N 85°55′W |
Stigting | 1820 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 72,23 vk km |
Hoogte bo seevlak | 192 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 45 429 |
- Bevolkingsdigtheid | 618,6/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Jim Lienhoop |
Amptelike Webwerf | columbus.in.gov |
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.