Columbus, Georgia
Columbus is 'n stad in die deelstaat Georgia geleë op die grens met die deelstaat van Alabama, op die oewer van die Chattahoochee-rivier. Die administratiewe setel van die Muscogee County is hier geleë. Coweta Town, die hoofstad van die Creek-Indiane is naby die dorp.
Columbus | |
---|---|
Kaart | Seël |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Georgia |
County | Muscogee |
Koördinate | 32°30′N 84°56′W |
Stigting | 1828 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 572 vk km |
Hoogte bo seevlak | 74 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 202 824 |
- Bevolkingsdigtheid | 332,6/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Teresa Tomlinson |
Amptelike Webwerf | columbusga.org |
Geskiedenis
Die nedersetting het ontstaan in 1689 toe die Spanjaarde 'n fort gebou het met die naam Colón (Columbus). Die land is in 1826 oorgeneem deur die regering van die Verenigde State vanaf die Indiane. Die eerste nedersetters het 'n handelspos hier gestig 1827 en die nedersetting het in 1828 dorpstatus verkry. Gedurende die oorlog met die Indiane was Columbus die hoofbasis vir die militêre magte. In 1846 het dit dieselfde rol gespeel tydens die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog.
Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het die Unie-magte die dorp beset 'n week na generaal Robert E. Lee se oorgawe te Appomattox.
Omgewing
Die Amerikaanse Weermag se Infanterie opleiding sentrum, Fort Benning, grens aan die stad. Meer as 'n miljoen man is hier opgelei tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daar is ook groot katoen en katoensaad-na-olie meulens in die omgewing.
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Columbus, Georgia.