Colombo
Colombo, of somtyds in Afrikaans: Kolombo, (Singalees: කොළඹ, Kolamba, [ˈkəlɐmbɞ]; Tamil: கொழும்பு, Kozhumpu, [koɻumbu]) is die kommersiële hoofstad en grootste stad van Sri Lanka. Die stad het 'n bevolking van 647 100 in 2001 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 37,31 km².
Colombo | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Sri Lanka |
Provinsie | Westelike Provinsie |
Koördinate | 06°53′N 79°54′O |
Stigting | 5de eeu n.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 37,31 vk km |
Hoogte bo seevlak | |
Bevolking: | |
- Totaal (2001) | 647 100 |
- Bevolkingsdigtheid | 17nbsp;344/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 5 648 000 |
Tydsone | UTC +05:30 |
Burgemeester | Uvais Mohamed Imitiyas |
Sport
Colombo beskik met Colombo Krieketklubveld, Paikiasothy Saravanamuttu-stadion, R. Premadasa-stadion en Sinhalese Sportklubveld oor vier toetskrieketstadions. In die stad speel die Sri Lankaanse nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. Op die R. Premadasa-stadion is onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996, die Krieketwêreldbeker 2011, die Kampioenetrofee 2002, die T20I-wêreldbeker 2012 en die gelyktydige vrouetoernooi aangebied, terwyl die Sinhalese Sportklubveld vir wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die Kampioenetrofee 2002 gebruik is.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Colombo.