Collège de France

Collège de France is 'n Franse elite-instelling in wiskundige, wetenskaplike, sosiale wetenskappe en geesteswetenskaplike navorsing. Die werknemers hou slegs een reeks lesings per jaar en is andersins heeltemal vry om hul eie belange na te streef. Die instelling is in 1530 gestig.[1] Dit het tans 52 professorate in verskeie dissiplines. Dit is nie 'n gewone universiteit nie, maar eerder 'n instelling waar jy jou geheel en al aan jou eie navorsing kan toewy. Dit is ook 'n besonderse kenmerk dat professore oop lesingsreekse moet hou, wat enigiemand kan bywoon. Dit beteken dat daar elke jaar heeltemal nuwe lesingreekse gehou word, wat verseker dat daar altyd innoverende onderrig is.[2]

Collège de France

Bekende onderwysers

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.