Coleske
Coleske is ’n voormalige Suid-Afrikaanse musiekgroep wat uit die broers Ewald (1970-) en Arnold (1971-) bestaan het.
Coleske | |
---|---|
Gebore | Ewald in 1970, Arnold in 1971 Port Elizabeth |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Musiekprodusente |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1996–2001 |
Gewese lede | Arnold en Ewald Coleske |
Die broers se debuutalbum, Die Coleskes, is in 1989 uitgereik. In 1997 was hulle liedjie Take Me Where the Sun is Shining 'n internasionale treffer gewees. Hulle is in dieselfde jaar ook met 'n Sama vereer.
Daarna stig hulle Coleske Artists en verskuif hul aandag na die produksiekant van musiek. Tans is hulle vir sangers soos Riana Nel, Lianie May en Jay verantwoordelik.[1] Benewens die bestuur van kunstenaars hanteer dié maatskappy ook produksies soos Afrikaans is Groot en Classics is Groot.
Diskografie
Albums
- 1989: Die Coleskes
- 1996: Coleske
- 2000: Faith In Love
- 2001: Coleske – Sings Simon & Garfunkel
Enkelspelers
- 1997: Take Me Where The Sun Is Shining
- 1997: "My Only"
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.